Tuisblad

Preek - Mark 8

Preek - Matt 27

Preek - Rom 5

Preek - Joh 4

Preek - Hd 9

Kontakbesonderhede


Preek - Joh 4

Lees:Joh 4:1-42 Lofsang:Ps 138:1 en 2
Teksvers:vers 35-36 Na wet:Ges 192:3
Na gel:Ges 317:1
Slotsang:Ges 224:1-3

TEMA: Wees getroue arbeiders om die oes wat ryp is in te samel!

INLEIDING:

Broeders en susters
Ons lewe in 'n wereld wat by die dag verander! Vernuwing en verandering is besig om plaas te vind terwyl ons hier sit! As ons na al die mense, die wereld rondom ons kyk, kan 'n mens byna nie glo dis dieselfde wereld van 10 of 15 jaar gelede nie! Daar is nuwe modes, nuwe ontwerpe, nuwe voertuie, nuwe advertensies, nuwe produkte, nuwe werelde wat vir ons oopgaan van oorsee se lande! En as 'n mens gaan stil staan en na al hierdie dinge kyk, dan is 'n mens dikwels baie verras en verbaas daaroor! 'n Mens is baie verbaas as jy moet uitvind hoeveel mense daar dwars oor die wereld is wat geen godsdiens beoefen nie. Weet u dat 39% van Nederland se mense ateiste is? Weet u dat daar slegs 23%Christene in Nederland is? Weet u daar slegs 2% Protestante in Frankryk is! Is u bewus van die feit dat daar ongeveer 2 000 000 blanke mense ons land die afgelope 6 jaar verlaat het en na ander lande verhuis het? En wat baie verrassend is, is dat die sentrale kerkkantoor van ons AP Kerk, die afgelope tyd briewe van dwars oor die wereld ontvang het, vanuit AustralieĀ«, Nieu Zeeland, Canada, Amerika, BelgieĀ«, Engeland, mense wat hier in die AP Kerk was, daarheen verhuis het, en nou versoek hulle dat die AP Kerk mense moet stuur om daar gemeentes te kom stig. Hoekom? Want daar is 'n geweldige groot nood en behoefte aan die suiwer Evangelie, nie net onder die Afrikaners daar nie, maar ook onder daardie nasies! Dit is verrassende feite wat nou onlangs bekend geword het! Dit is feite wat 'n mens verstom laat staan, liewe gemeente. En as 'n mens na hierdie hele situasie gaan kyk, hierdie hele nood, hierdie hele behoefte, hier in ons eie omgewing, in ons stad, in ons land, maar ook in die res van die wereld, dan vra 'n mens jouself af:Wat wil die Here he moet ons hieraan doen? Wat is die Here se opdragte aan ons in hierdie verband?
Kom ons gaan kyk wat se die Woord van God vanoggend vir ons daaroor!

1.Die oes staan ryp op die lande!

Gemeente ons lees on Joh 4 van verskeie verbasende en verrassende gebeure wat plaasgevind het. Eerstens kry ons in vers 9 die feit dat Jesus met die samaritaanse vrou praat, en daaroor was sy baie verbaas! Want in die Bybelse tyd ,geliefdes, was dit nie gebruik dat 'n man sommer uit sy eie met 'n vrou praat nie! Tweedens was dit baie verrassend dat 'n Jood met 'n samaritaan praat, wat heeltemal ongeoorloof was! In daardie tyd het dit eenvoudig nie gebeur nie! 'n Derde verbasende gebeurtenis was dat Jesus alles van die vrou af geweet het volgens vers 39. Gemeente, dit waarby ons dan vonoggend gaan stilstaan, is die vierde verbasende en verrassende gebeurtenis. Die dissipels kom na Jesus en se vir Hom:"Rabbi, eet! Maar Hy se vir hulle:Ek het voedsel om te eet waar julle nie van weet nie." Toe was die dissipels heeltemal verward en verbaas! Waar sou Hy voedsel gekry het? Het iemand dan vir Hom iets te ete gebring? Die oes is dan nog vier maande ver! En toe se Jesus vir hulle:"My voedsel is om die wil te doen van Hom wat my gestuur het en om sy werk te volbring!" volgens vers 34. Die dissipels het gedink die oes is nog ver van ryp af, maar nou kom Jesus met 'n opdrag na hulle:"Kyk Ek se vir julle, slaan julle oe op en aanskou die lande dat hulle al wit is van die oes". Die dissipels was verward oor die tyd van die oes wat Jesus van praat, en nou kom Jesus en Hy se :Die oes is nie meer 4 maande ver nie! Slaan julle oe op en kyk na die mense rondom julle! Kyk na die velde en die lande, kyk na die ryp koring wat gereed is om geoes te word! Die oes is nie eers oor vier maande reg nie! Nee, vandag is die dag van redding, saligmaking en verlossing! Hoe weet ons die oes is reg? Ons sien die mense rondom ons het 'n behoefte en verlange na die evangelie en verlossing, soos daardie samaritaanse vrou gehad het! Ons lees van vers 39 af hoe die hele stad van die Samaritane opgewonde was oor die blye boodskap dat die Messias hier is om verlossing en redding te bring vir almal wat in Hom glo! Vers 41 se:"En baie meer het op grond van sy woord geglo!" Hulle het selfs aangedring dat Hy by hulle moes bly! Die oes is gereed op die lande, die werk is so baie, die behoefte en nood is so groot, en daarom stuur Jesus sy dissipels om die oes te gaan maai en insamel in vers 38! Ons lees in Mt 9:37 dat Jesus vir sy dissipels gese het:"Die oes is wel groot, maar die arbeiders min!"

2.Arbeiders nodig om die oes in te samel!

Daar is arbeiders nodig om die oes in te samel, om die siele vir die koninkryk van God te wen! Wat 'n heerlike voorreg om in hierdie diens te kan staan, liewe gemeente! Jesus het hierdie opdrag nie net aan sy dissipels gegee nie, Hy brei daardie opdrag uit sodat elkeen van ons ook daarby ingeskakel kan wees. Hy se in Mt 28:19:"Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader, en die Seun en die Heilige Gees, en leer hulle om alles te onderhou wat ek julle beveel het!" Elkeen van ons is ook 'n arbeider in God se diens met die opdrag om die oes te gaan insamel! Baie van ons verwag nie die oes vandag nie, ons dink die oes kom nog, soos wat die dissipels gedink het! Ons is traag om te getuig van Jesus Christus, ons is traag om te deel in die werksaamhede van die gemeente, ons is traag in die proses om te help met die siele-wen vir Christus! Die arbeiders is so min, broeders en susters! Ons moet bid dat die Here arbeiders sal stuur! Ons moet arbeiders word!!
Geliefdes, en dan is daar sekere mense wat reeds arbeiders is, hulle staan op die graanland wat gereed is om geoes te word, maar dan baklei en stry hulle oor watter sekel gebruik moet word, watter handskoene aangetrek moet word, watter kant van die land om te begin, aan die regterkant of aan die linkerkant! Sulke nietige en onbenullinge dinge! Intussen wag die werk, intussen word die oes nie ingesamel nie, en kan siele dalk moontlik verlore gaan omdat ons ons besighou met nietighede en ontrou aan ons opdrag is! Waaroor gaan dit in die kerk van die Here? Dit gaan daaroor om siele vir Jesus Christus, die Saligmaker en Verlosser, te wen! Om die Evangelie te verkonding, en om aan almal bekend te maak:"DAAR IS LEWENDE WATER OM TE DRINK BY JESUS CHRISTUS, EN ALMAL WAT HIERDIE WATER DRINK SAL NOOIT WEER DORS KRY NIE MAAR ONTVANG DIE EWIGE LEWE!!!
En dan stry en twis so baie van ons met mekaar oor onbelangrike klein dingetjies, terwyl die wereld vergaan van dors!!!
Jesus se in vers 36:"En hy wat maai ontvang loon en vrug vir die ewige lewe!" Met ander woorde hy wat getrou is om sy opdrag uit te voer, hy wat werksaam is, hy wat besig is om die oes in te samel! Maar as ons op die kantlyn staan en stry oor nietighede, wat ons nerens gaan bring nie, gaan dit vir ons niks in die sak bring nie! Moenie tyd mors nie, kom laat ons begin werk in die oes wat so groot is en reeds ryp op die lande staan! Wat doen jy, liewe broeder en suster, vandag in God se oes?

3.Die groot loon van die getroue arbeiders!

As u getrou werk om die oes in te samel, sal u groot loon ontvang se vers 36. En dit sal 'n loon wees waaroor u baie bly sal wees se die vers verder! Ons sal ons daarin verheug! Dit is 'n ewige loon wat sal bly tot in ewigheid, dis 'n loon wat saam met God geniet sal word, 'n loon waaroor ons nooit spyt sal he nie! Gemeente, ons werk nie net om die loon te ontvang nie, ons werk ook in hierdie oes getrou om vir die Hemelse Vader dankie te se! Hy het uit liefde vir hierdie wereld, sy Seun Jesus Christus gestuur na 'n verlore sondaar wereld, sodat elkeen wat in Hom glo die ewige lewe kan he! Hy het ons so lief gehad dat Hy self bereid was om sy lewe vir ons te gee aan die kruis op Golgota! Ons moet dan ook getrou wees om hierdie blye evangelie aan die hele wereld te gaan verkondig! Daar is lewe!! Daar is hoop!! Daar is vergifnis van sonde! Daar is die Lam van God wat die sonde van die wereld op Hom neem! Hy bring ons na waters waar rus is, Hy gee vir ons lewende water; Hy gee die ewige lewe! Hoekom sal ons hierdie blye boodskap aan onsself wil hou? Laat ons dit uit basuin sodat almal daarvan kan hoor! Binne ons gemeente, hier in ons omgewing, in ons stad, dwars oor ons land, maar ook sodat die hele wereld dit kan weet!
SLOT
Liewe gemeente, ten spyte van 'n veranderende wereld wat ons dikwels verras en verbaas laat, is daar groot nood en behoefte, en staan die oes wit op die lande, gereed om ingesamel te word! Kom laat ons almal getroue arbeiders wees in die oes van die Here. Kom laat ons afsien van die nietige onsinnige dinge, wat ons weghou van dit wat werklik belangrik is! Ons kan nie bekostig om een oomblik nie besig te wees om die oes in te samel nie, want ons werk met siele van mense! Hou op om oor nietige dinge te stry en te twis, en laat ons die sekels vat en met entoesiasme en ywer begin werk om die oes van die Here in te samel! En as Hy kom op die wolke van die hemel dat Hy ons getrou sal vind in ons arbeid, en vir elkeen van ons kan se:"Mooi so, goeie en getroue dienskneg!" Broeder en suster, sal Hy dit van u kan se?
AMEN